Sake lyk goed vir besigheidsreise

Besigheidsreise na Namibië is besig om toe te neem, soos blyk uit die toerisme-statistieke. Dit is weens ‘n reeks konferensies asook verskeie ontwikkelings in die land, veral in die energie-sektor. Die direkte vlugte tussen Lüderitz en Windhoek dra ook hiertoe by, aangesien aansienlike ontwikkeling in en om die suidelike kusdorp plaasvind. Junie en Julie is ook tradisioneel besige maande vir toerisme. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Nathaly Ahrens, die voorsitter van die Toer- en Safarivereniging, wat meer verduidelik.