Laat beamptes in om kragmeters op te dateer: Stad Windhoek

Die Stad Windhoek ondervind dat sommige inwoners met voorafbetaalde elektrisiteitsmeters se meters nog nie opdateer is nie. Weens probleme om toegang tot hierdie huishoudings te kry, sukkel die Stad om die situasie reg te stel. Indien die meters nie teen 24 November opgedateer is nie, sal inwoners nie elektrisiteit hê nie want die meters sal nie hulle krediettekens aanvaar nie. Lydia Amutenya, Stad Windhoek se kommunikasiebeampte, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat en versoek alle kliënte om saam te werk en opdateringsbeamptes toegang tot hul meters te gee.