Dida, koningin van Tsavo, sterf

Die ikoniese Keniaanse olifantkoei Dida, wat vermoedelik die langste tande op die vasteland gehad het, is weens ouderdom dood. Sy was uiters gewild onder toeriste en onmiddellik herkenbaar as gevolg van die lengte van haar tande. Dida was tussen 60 en 65 jaar oud en die martriarg van haar trop. Dida, wat algemeen bekend is onder natuurbewaarders en toeriste as “die koningin van Tsavo”, het in die Tsavo-Oos Nasionale Park in Kenia se suidooste gewoon.