Europa se oorlog: Dis soos die Hereros van Aminuis val die van Omatjete aan

Winter in die noordelike halfrond is op pad en dit is onduidelik wat van die oorlog in Oos-Europa sal word met swaar sneeu-neerslae en uiters koue weer. Beide Rusland en Oekraïne is natuurlik goed gewoond aan oorlog voer en in die dae van die Sowjet-unie het hulle saam die Nazi’s oorwin en so ook teen Napoleon Bonaparte. Die oud-hoof van die Namibiese weermag, wat ook in Rusland militêre opleiding ontvang het, generaal Martin Shalli gesels met Kosmos 94.1 Nuus.

Hy voeg by die oorlog word gewoed tussen presies dieselfde mense en nie een kant sal opgee nie. Maar, in sy mening word ‘n oorlog nie op ‘n slagveld beëindig nie, maar eerder om ‘n tafel.