Kenia ontplooi weermag tydens vloed-toestand

Kenia se weermag is Donderdag ontplooi om slagoffers te red van swaar reën wat die afgelope maand dosyne mense regoor Oos-Afrika doodgemaak het. Minstens 45 mense is sedert Maart in die vloede in Kenia dood, waaronder 10 sedert Maandag, sê die Kenia Rooi Kruis. Groot dele van die hoofstad Nairobi en ander groot dorpe is onder water, wat duisende inwoners dwing om hul huise te verlaat. In die naburige Tanzanië het die dodetal weens die reën 155 bereik, het premier Kassim Majaliwa aan die parlement gesê. In Burundi moes honderde duisende mense uit hul huise vlug.