Hess vier 20ste bestaansjaar met talle hoogtepunte

Die Hoë Energie Stereoskopiese Stelsel, bekend as die Hess-teleskoop-stelsel vier op 18 Oktober sy 20ste bestaansjaar. Die Hess-teleskoop-stelsel is geleë op die plaas Gölschau by die Gamsberg wes van Windhoek en het al talle deurbrake gemaak. Dr. Riaan Steenkamp, hoof van die fisika-departement van Unam, vertel aan Kosmos 94.1 Nuus wat van die hoogtepunte in die 20 jaar van Hess se bestaan is.