Drie deel Nobelprys vir Ekonomie

‘n Voormalige voorsitter van die Amerikaanse Federale Reserweraad, Ben Bernanke, en twee kollegas deel vanjaar se Nobelprys vir Ekonomie. Die Koninklike Sweedse Akademie vir Wetenskappe sê Bernanke, Douglas Diamond en Philip Dybvig word vereer vir hul navorsing oor bank- en finansiële krisisse. Die liggaam sê hulle het die begrip van die rol van banke in die ekonomie aansienlik verbeter, veral tydens finansiële krisisse, asook hoe om finansiële marke te reguleer. Die drie mans deel die prysgeld van meer as 16 miljoen Namibiese dollar.