Springbok Vroue fokus nou op Fidji

Rugby: Die Springbok Vroue is na die teleurstellende begin van hulle Wêreldbeker-veldtog nou gereed om te fokus op hulle tweede teenstander, Fidji. Suid-Afrika het in hulle openingswedstryd 40-5 teen Frankryk verloor, maar die veelsydige voorspeler Catha Jacobs sê die telling was nie ‘n regverdige weerspieëling van wat op Edenpark gebeur het nie. Jacobs sê die Bokke gaan Fidji Sondag in Auckland met ‘n baie positiewe ingesteldheid pak.