Rusland gaan nóg missiele op Oekraïne afvuur

Nóg missiele sal op Oekraïnse teikens afgevuur word, dreig Russiese President Vladimir Putin nadat tientalle missiele vroeër vandag reeds verwoesting in die land gesaai het. Putin sê lang-afstandmissiele sal militêre, kommersiële en kommunikasie- en kraginfastruktuur teiken in reaksie op die Oekraïnse aanval op die brug tussen die Krim-skiereiland en Rusland. Rusland het die aanval as ‘n terreurdaad bestempel en sê enige verdere dade van terreur sal ook met kragdadigheid beantwoord word. Sy departement van verdediging sê al sy beplande teikens is getref.