Kinderondersteuningstoelaag in Suid-Afrika verhoog

Die minister van maatskaplike ontwikkeling in die buurland, Lindiwe Zulu, sê die aanvullende kinder-ondersteuningstoelaag van 240 Suid-Afrikanse rand vir ‘n weeskind is nie ‘n nuwe toelaag nie. Die bykomende 240 rand wat bygevoeg word by die standaard-toelaag van 480 rand is moontlik gemaak deur ‘n beleid wat in 2015 deur die kabinet goedgekeur is. Zulu sê slegs familielede wat vir ‘n weeskind sorg kan aansoek doen en die verhoogde kinder-ondersteuningstoelaag van 720 rand per kind per maand ontvang.