Adjunk-premier fokus op situasie tussen Namibië en Botswana

Volgens die Zambezi-goewerneur Lawrence Sampofu is daar sedert verlede maand nie veel veiligheidsbedreigings langs Namibië se grense in die streek ervaar nie, hoewel veediefstal vanaf Namibië na Zambië toeneem. Die kwessie van onwettige visvang op die Lyambezi-meer neem ook toe, en Sampofu sê die streek se inwoners is die skuldiges wat buitelanders in diens neem om vir hulle vis te vang. Adjunk-premier en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, Netumbo Nandi-Ndaitwah, wat vergesel word van ‘n afvaardiging van 24 verteenwoordigers van verskillende ministeries, hou tans ‘n vergadering in die Zambezi-streek wat fokus op betrekkinge tussen Botswana en Namibië. Sy sê dat die situasie tussen Botswana en Namibië nie onbewaak gelaat kan word nie en dit moet dringend hanteer word.