SA bessiebedryf vra ingryping by Transnet-staking

Die Suid-Afrikaanse bessiebedryf vra ‘n dringende ingryping om die voortslepende staking by Transnet te beëindig. Die loongeskil gaan waarskynlik 30 000 werksgeleenthede en drie miljard Suid-Afrikaanse rand in inkomste laat verlore gaan. Volgens Berries ZA, is meer as een-derde van die plaaslike bessie-produsente nie tans winsgewend nie, wat beteken hulle oorlewing en voortbestaan verkeer onder ernstige druk. Die uitvoerende hoof, Brent Walsh, sê die onbepaalde staking is in die spitstyd van die bessie-uitvoerseisoen.