Drie stakers terug op hul pos by Cheetah Cement

Drie stakende werknemers van Cheetah Cement buite Otjiwarongo is sonder enige klagte op waarskuwing deur die Namibiese polisie vrygelaat en weer terug op hul pos by die staking. Die streek se adjunk-tesourier van die Mynwerkersunie van Namibië, Philemon Shipanga, MUN Cheetah Cement se tak-koördineerder, Nafital Nghipitwako en nog ‘n werknemer, Johannes Willem, is Maandag deur Nampol aangehou, omdat hulle glo ‘n hofbevel oortree het. Nampol het die werknemers opdrag gegee het om hul stakingsterrein by die fabriekshek te ontruim. Die werkers het egter geweier om die pad te gee. Die drie werkers is vandag terug op die terrein en sê hulle gaan voort met die wettige staking totdat daar aan hul eise voldoen word.