Springbokke hou oefenkamp in Stellenbosch

Rugby: Die Springbokke begin Sondag met ‘n driedaagse oefenkamp in Stellenbosch ter voorbereiding vir hulle jaareind-toer. Die groep sluit 17 spelers in wat in Suid-Afrika speel, en nege van Japan. Almal het deelgeneem aan die reeks teen Wallis en die Rugby-kampioenskap. Die Bokke kom volgende maand teen Ierland, Frankryk, Italië en Engeland te staan. Spelers wat in Japan gebaseer is, het toestemming gekry om in die toets teen Engeland te speel, wat buite die toetsvenster val. Spelers van Engeland en Frankryk is egter nie beskikbaar nie.