Stad Tshwane: Bespaar water tyens fase 4-beurtkrag


Stad Tshwane sê Eskom se aankondiging van fase vier-beurtkrag maak dit nog belangriker vir die metro om water te bespaar. Inwoners en sakeondernemings in Pretoria se waterverbruik bly weekliks hoog, ondanks die stad se versoek dat water spaarsaam gebruik moet word. Die  burgemeesterskomiteelid vir nutsdienste en streeks-ondernemings, Daryl Johnston, sê verskeie gebiede oorskry steeds verbruiksperke.