DA: Moord op Duitse toeris ‘n knou vir SA toerisme

Die DA sê die tragiese moord op ‘n Duitse toeris vroeër die maand in Mpumalanga naby die Kruger-wildtuin, het internasionale toerisme na Suid-Afrika ‘n knou toegedien. Baie operateurs en toeriste het hul reise na die land gekanselleer as gevolg daarvan. Manny de Freitas van die DA sê die party het die regering gewaarsku dié een negatiewe voorval kan ernstige nagevolge vir toerisme hê, en dus ook vir die ekonomie.