AfriForum veroordeel Dis-Chem se personeelbeleid

AfriForum sê hy veroordeel Dis-Chem se rassistiese personeelbeleid ten sterkste. Dit volg nadat die uitvoerende hoof, Ivan Saltzman, ‘n interne brief uitgereik het wat ‘n moratorium plaas op die aanstelling of bevordering van witmense. Die burgerregte-organisasie moedig sy meer as 308 000 lede aan om eerder gemeenskaps-apteke te ondersteun. Ernst van Zyl van AfriForum sê die organisasie het ‘n aanlyn platform waar plaaslike ondernemings maklik gevind kan word.