WGO: Ses Ebola-entstowwe word vir Sudan-stam ontwikkel

Die Serum-instituut van Indië sê hy beplan om ongeveer 30 000 dosisse van ‘n eksperimentele Ebola-entstof te vervaardig. Dit volg op die huidige uitbreking in Uganda, wat vermoedelik die Sudan-stam is. Die direkteur-generaal van die Wêreldgesondheids-organisasie, Tedros Ghebreyesus, sê die kliniese proewe van twee entstowwe kan begin hangende die Ugandese regering se goedkeuring. Die WGO sê in ‘n verklaring daar is ten minste ses entstowwe wat tans vir die Sudan-stam ontwikkel word. Daar is tans 54 bevestigde gevalle in Uganda, en 19 sterftes.