Saftu gaan môreaand by Eskom-hoofkantoor betoog

Die vakbondfederasie Saftu het bevestig hy gaan môreaand voor Eskom se hoofkantoor,  Megawattpark, in Sunninghill, Gauteng, betoog teen die aanhoudende kragonderbrekings. Saftu se nasionale woordvoerder, Trevor Shaku, sê die betoging sal ook die privatisering van Eskom teenstaan. Hy sê die huidige krisis is deels te wyte aan huidige wanbestuur, en deels aan ‘n hoogtepunt van geskiedkundige verwaarlosing wat gewortel is in die ANC se voorneme om die sektor te privatiseer.