Capricorn-stigting skenk groot aan EduVision

Die Capricorn-stigting stel EduVision in staat om akademiese wanbalanse tussen stedelike en afgeleë skole in Namibië te verminder. Landelike staatskole in Namibië staar steeds talle uitdagings in die gesig wat skole se prestasie en die gehalte van onderwys beïnvloed. ‘n Gebrek aan behoorlike infrastruktuur, bekwame onderwysers en onderrigmateriaal is enkele voorbeelde. Die EduVision-projek spreek die immer-veranderende behoeftes van die gemeenskappe aan deur behoorlike infrastruktuur vir beide onderwysers en leerders in landelike Namibië deur aanlyn-onderrig. Die stigting se koördineerder, Veripura Muukua sê aan Kosmos 94.1 Nuus het 540 000 Namibiese dollar aan EduVision geskenk.