DA verwelkom beslissing dat Zuma se mediese parool onwettig is

Die DA verwelkom die Appèlhof se uitspraak dat Jacob Zuma se mediese parool onwettig was. Die DA het op 10 September 2021 by die Gautengse hoërhof aansoek gedoen om Arthur Fraser, kommissaris van korrektiewe dienste, se besluit om oudpresident Jacob Zuma op mediese parool te plaas, te hersien en tersyde te stel. Die aansoek het daartoe gelei dat die hoërhof Zuma se mediese parool onwettig verklaar het en hom beveel het om terug te keer tronk toe. Die departement van korrektiewe dienste het hierdie uitspraak, onsuksesvol, geappelleer. Cilliers Brink, die DA se skaduminister van samewerkende regering en tradisionele sake het met die media gepraat.