Wettige ivoorhandel is nodig, veral vir SAOG

‘n Namibiese professionele jagter stem saam met afgevaardigdes van die SAOG-streek by die COP19 Cites-beraad in Panamastad, Panama, dat besprekings oor die olifantkwessie ‘n prioriteit moet wees. Namibië ondersteun vir Zimbabwe in sy voorstel dat die handel in rou ivoor van olifantbevolkings van Botswana, Namibië, Suid-Afrika en Zimbabwe toegelaat word. Die Zambiese toerismeminister, Rodney Sikumba, sê die SAOG is tans die enigste streek waar olifantbevolkings toeneem. Jofie Lamprecht, stigter van Jagkonsessievereniging van Namibië gee sy standpunt oor wettige ivoorhandel aan Kosmos 94.1 Nuus.