Busse gebrand, gekaap tydens Kaapse taxi-staking

Die Stad Kaapstad sê die taxistaking se impak in die stad was tot dusver vanoggend gering. Taxi-operateurs staak oor die Wes-Kaapse regering se besluit om die Blue Dot-taxiprojek te staak. Die stad se woordvoerder, JP Smith, sê daar was lafhartige aanvalle op sommige van die stad se voertuie toe twee Golden Arrow- en ‘n MyCiti-bus uitgebrand is. Hy sê ‘n Golden Arrow-bus is gekaap, maar amptenare het die voertuig onderskep en die kaper in hegtenis geneem: