Alle vals klagte, nie net verkragtings nie, is gevaarlik

’n 15-jarige seun van Hoërskool Kriel in Mpumalanga, Suid-Afrika het homself met ’n das in ’n klaskamer opgehang nadat ‘n meisie hom daarvan beskuldig het dat hy haar verkrag het. Die meisie het na berigte daarna gesê dit was net ‘n grap. Vals verkragting beskuldigings is redelik algemeen en die tipe aantyging doen baie skade. Kosmos 94.1 Nuus het met Dianne Hubbard van die geslags-afdeling by die Regshulpsentrum gepraat oor hoe groot die probleem is. Sy sê valse beskuldigings van enige aard is uiters gevaarlik.