Wenzel Maasdorp ‘in Khomasdal’ gearresteer

Wenzel Maasdorp is volgens onbevestigde berigte in Khomasdal gearresteer. Dit kom nadat Angelique Delia Maasdorp se BMW in Rundu gevind is. Wenzel het na bewering die voertuig bestuur. Angelique is Sondag vasgebind en dood aangetref in haar woonstel in Eros in die hoofstad. Haar BMW, televisie, skootrekenaar en selfoon is as vermis aangegee.