Amushelelo gaan reguit Chinatown toe na landdros sy saak onttrek

Die omstrede aktivis Michael Amushelelo het die gras onder sy voete laat groei nie. Hy is kort na sy saak in die Katutura-landdroshof onttrek is as gevolg van ‘n vertraging deur die aanklaer-generaal om klagte te finaliseer, sy opwagting in Chinatown in die hoofstad gemaak. Hy het met van die Chinese handelaars gepraat oor die verkoop van vervalste goedere. Hy sê as daar beslag gelê kan word op vervalste goedere van Namibiese handelaars, moet dit ook so geskied in Chinatown.