Amerika glo Israelse weermag skend menseregte

Die Amerikaanse Departement van Buitelandse Sake het bevind eenhede van die Israelse weermag was by afsonderlike geleenthede skuldig aan growwe skendings van menseregte maar hulle sal steeds militêre steun van Amerika ontvang. Die voorvalle het voor die huidige oorlog buite Gaza plaasgevind. Washington is Israel se belangrikste militêre verskaffer en voorsien jaarliks wapens en verdedigingstelsels ter waarde van meer as 70-miljard-Namibiese dollar. Die aankondiging is die eerste van hierdie aard deur die Amerikaanse regering ten opsigte van enige Israelse eenheid.