Nienaber roep ses spelers op vir Engeland-toets

Die Springbok-afrigter Jacques Nienaber het ses spelers opgeroep om by sy groep aan te sluit vir Saterdag se laaste toets teen Engeland op Twickenham. Dit volg nadat sommige spelers soos Cheslin Kolbe en Vincent Koch na hulle klubs moes terugkeer omdat die kragmeting buite die internasionale toets-tydperk val. Suid-Afrika “A” se kaptein Thomas du Toit, Ntuthuko Mchunu, Marco van Staden, Johan Goosen, Grant Williams en Canan Moodie sal by die Bokke in Londen aansluit. Nienaber sê hy wil so veel as moontlik spelers wedstryd-ervaring gee in aanloop tot volgende jaar se Wêreldbeker.