Nampol vra vir reserviste, buurtwagte

Nampol se Khomas-streekbevelvoerder, kommissaris David Indongo, vra lede van die publiek met permanente werk om aansoek te doen om as polisiereserviste om te help om misdaad in die streek te bekamp. Hy sê reserviste werk op ‘n vrywillige basis en aansoeke moet nie gedoen word met die bedoeling om outomaties in die polisiemag gewerf te word nie. Die mag het tekorte aan mannekrag en hulpbronne en dus, sal ‘n reserviste baie kan bydra. Hy het ook ‘n beroep op woonbuurte gedoen om meer buurtwagte te skep. In sy mening is gemeenskapspolisiëring uiters belangrik vir die mag en sterk forums soos buurtwagte en mans- en vrouenetwerke is uiters belangrik om te help om misdaad te bekamp.