Kunene, Zambezi vloei effe sterker

Die vloei van die Kunenerivier by Ruacana het vanoggend effe toegeneem tot 242,75 kubieke meter per sekonde. Dit is goeie nuus vir die kragstasie. Die Zambezirivier-watervlak by Katima Mulilo het met 2cm gestyg tot 1,50m. Die Okavangorivier by Rundu het ‘n watervlak van 5,53m aangeteken. Die watervlakke by Blouputs en Sendelingsdrift aan die benede-Oranjerivier het vanoggend onderskeidelik 0,56m en 0,60m gemeet.