Swaargewig-kragmeting in Kampioeneliga-halfeindstryd

Sokker: Die halfeindstryde in die Kampioeneliga begin vanaand met Bayern München wat Real Madrid in Duitsland verwelkom. Real is hierdie seisoen onoorwonne in die kompetisie met sewe oorwinnings en drie gelykop. Bayern het die laaste vier gehaal na ‘n doelskopoorwinning teen die verdedigende kampioen, Manchester City. Bestuurder Thomas Tuchel glo Bayern moet op hulle heel beste wees.