VSA plaas verbod op Chinese tegnologie, kommer oor spioenasie

Die Biden-administrasie het die goedkeurings van nuwe telekommunikasie toerusting van China se Huawei Technologies en ZTE verbied. Amerikaanse owerhede sê die tegnologie hou ‘n onaanvaarbare risiko vir Amerikaanse nasionale veiligheid in. Die Amerikaanse Federale Kommunikasiekommissie sê hulle het die finale reëls aanvaar, wat ook die verkoop of invoer van toerusting wat deur verskeie ander Chinese […]

Read More

Stormers vat hom 36-19 in Kaapstad

Die Stormers het vyf drieë aangeteken teenoor Scarlets se drie en die naweek se eerste Verenigde Kampioenskap-wedstryd in Kaapstad met 36-19 gewen. Die rustydtelling was 29-7 in die verdedigende kampioen se guns. Die span van Kaapstad het nog nie tuis verloor sedert hul nederlaag van 37-19 teen die Leeus verlede Desember nie. Vanmiddag om drie-uur […]

Read More

Oortrokke fasiliteite die gunsteling om kostes te dek

Met Swart Vrydag wat agter die rug is, lê die feesseisoen, in seker die moeilikste ekonomiese tye in onlangse jare, voor. Daar word voorspel dat die Bank van Namibië waarskynlik ook die plaaslike repokoers met 75 basispunte sal verhoog op 30 November, na die Suid-Afrikaanse Reserwebank se aankondiging die week. Indien wel, sal dit die […]

Read More

ANC, SAKP, Cosatu betoog vandag teen Walus-parool

Lede van die ANC-geleide drieparty-alliansie betoog vandag voor die Konstitusionele Hof in Johannesburg teen die vrylating van Janusz Walus op parool. Walus het 28-jaar in die tronk deurgebring nadat hy die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party-leier, Chris Hani, in April 1993 in Boksburg, Gauteng, doodgeskiet het. Die ANC se woordvoerder, Pule Mabe, sê die alliansie, bestaande uit […]

Read More

Trump-verbod op Twitter was ernstige fout – Musk

Twitter se verbod op oud-president Donald Trump ná die aanval op 6 Januarie 2021 op die Amerikaanse hoofstad deur sy ondersteuners was ‘n “ernstige fout” wat reggestel moes word. Dit is die mening van Elon Musk maar, hy het bygevoeg dat aanhitsing om geweld steeds op Twitter verbied sal word. Musk sê dis in orde […]

Read More

Belangrike laaste wedstryd vandag vir die Eagles

Die Richelieu Eagles speel vanoggend om half-tien teen die VSA in die laaste wedstryd van die driehoekige reeks teen Papua Nieu-Guinee en die VSA. Die wedstryd vind op Wanderers in die hoofstad plaas. Die VSA het Vrydag met 35 lopies teen Papua Nieu-Guinee gewen. Die Eagles het tot dusver sy twee eendagwedstryde teen Papua Nieu-Guinee […]

Read More

Shaningwa sê die afgelope 5 jaar vir Swapo was nie rooskleurig nie

Die Swapo-kongres gaan vandag in sy tweede dag in die hoofstad in. Die party se sentrale komitee het sy vyfjaar termynverslag vir beraadslaging tydens die kongres gefinaliseer. Volgens die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, is dit een van ‘n aantal voorbereidings wat die party onderneem het om die sukses van sy verkiesingskongres te verseker. Sy […]

Read More

Skoolkinders vier fees op Copps 94.1

Die Copps 94.1-span het te doen gekry met rusverstoring in die hoofstad, met ‘n groot groep skoolkinders wat fees gevier het. Daar is ook ‘n sekuriteitswag wat agter tralies is vir diefstal. Francois Lottering was aan diens.

Read More

Ebola: Uganda sluit sy skole

Uganda se skole is gesluit as gevolg van Ebola. Die stap is teenstrydig met die regering se amptelike standpunt dat alles onder beheer is in verband met die uitbreking. Tot dusver is 55 mense aan die virus dood met 22 waarskynlike sterftes voordat die uitbreking amptelik op 20 September verklaar is. Baie van die kinders […]

Read More

Senegal eerste Afrika-span wat in Katar wen, tuisspan effektief uitgeskakel

Senegal het die eerste Afrika-land geword om ‘n oorwinning te behaal in die Wêreldbekertoernooi in Katar. Die gasheerland is boonop op die rand om uitgeskakel te word na sy nederlaag van 1-3 teen Senegal. Die laaste keer dat ‘n Afrika-land die kwarteindronde gehaal het, was toe Ghana in 2010 deurgedring het. Katar se aanhangers sê […]

Read More