Shaningwa sê die afgelope 5 jaar vir Swapo was nie rooskleurig nie

Die Swapo-kongres gaan vandag in sy tweede dag in die hoofstad in. Die party se sentrale komitee het sy vyfjaar termynverslag vir beraadslaging tydens die kongres gefinaliseer. Volgens die party se sekretaris-generaal, Sophia Shaningwa, is dit een van ‘n aantal voorbereidings wat die party onderneem het om die sukses van sy verkiesingskongres te verseker. Sy sê die afgelope vyf jaar was nie rooskleurig nie en dat die harde werk nou begin.