Ebola: Uganda sluit sy skole

Uganda se skole is gesluit as gevolg van Ebola. Die stap is teenstrydig met die regering se amptelike standpunt dat alles onder beheer is in verband met die uitbreking. Tot dusver is 55 mense aan die virus dood met 22 waarskynlike sterftes voordat die uitbreking amptelik op 20 September verklaar is. Baie van die kinders wat in koshuise is sal lang afstande huis toe reis wat kommer veroorsaak omdat hulle in busse vervoer sal word wat kontak nog verder verleng. Die  inkubasie tydperk van Ebola is twee tot drie weke. Die sluiting is aangekondig na aanleiding van 23 Ebola-gevalle in vyf skole in Kampala – wat tot die dood van agt studente gelei het.