Senegal eerste Afrika-span wat in Katar wen, tuisspan effektief uitgeskakel

Senegal het die eerste Afrika-land geword om ‘n oorwinning te behaal in die Wêreldbekertoernooi in Katar. Die gasheerland is boonop op die rand om uitgeskakel te word na sy nederlaag van 1-3 teen Senegal. Die laaste keer dat ‘n Afrika-land die kwarteindronde gehaal het, was toe Ghana in 2010 deurgedring het. Katar se aanhangers sê die span se vertoning het nie verbeter sedert hy die openingswedstryd teen Ecuador verloor het nie.