ANC, SAKP, Cosatu betoog vandag teen Walus-parool

Lede van die ANC-geleide drieparty-alliansie betoog vandag voor die Konstitusionele Hof in Johannesburg teen die vrylating van Janusz Walus op parool. Walus het 28-jaar in die tronk deurgebring nadat hy die Suid-Afrikaanse Kommunistiese Party-leier, Chris Hani, in April 1993 in Boksburg, Gauteng, doodgeskiet het. Die ANC se woordvoerder, Pule Mabe, sê die alliansie, bestaande uit die ANC, Cosatu en die SAKP, betoog om hul teleurstelling in die uitspraak te onderstreep: