Belangrike laaste wedstryd vandag vir die Eagles

Die Richelieu Eagles speel vanoggend om half-tien teen die VSA in die laaste wedstryd van die driehoekige reeks teen Papua Nieu-Guinee en die VSA. Die wedstryd vind op Wanderers in die hoofstad plaas. Die VSA het Vrydag met 35 lopies teen Papua Nieu-Guinee gewen. Die Eagles het tot dusver sy twee eendagwedstryde teen Papua Nieu-Guinee gewen en sy een teen die VSA verloor. Die VSA is tot dusver onoorwonne in die reeks.