Trump-verbod op Twitter was ernstige fout – Musk

Twitter se verbod op oud-president Donald Trump ná die aanval op 6 Januarie 2021 op die Amerikaanse hoofstad deur sy ondersteuners was ‘n “ernstige fout” wat reggestel moes word. Dit is die mening van Elon Musk maar, hy het bygevoeg dat aanhitsing om geweld steeds op Twitter verbied sal word. Musk sê dis in orde dat Trump nie twiet nie solank hy kan as hy wou. Volgens Musk het die verbanning vertroue in Twitter verbreek. Intussen het Trump aangekondig dat hy op sy eie platform Truth Social sal bly. Daar word berig hy het beleggings van 1 miljard Amerikaanse dollar ontvang om die platform op die been te bring en dit is nie bekend wat die bepalings van die beleggingskontrak is nie.