Amupanda vra koste beskermingsbevel in rooilynsaak, as hy verloor

In ‘n tussen-aansoek in sy rooilynsaak, het die leier van die Affirmative Repositioning-beweging Job Amupanda die hof gevra vir ‘n beskermingsbevel teen kostes. In sy mening, omdat die saak in openbare belang is, behoort hy nie gestraf te word as die saak, waar hy eis dat die rooilyn verwyder word, misluk nie. Hy voeg by dat die respondente in die saak vier advokate […]

Read More

SAL hervat vlugte na Windhoek in Desember

Die Suid-Afrikaanse Lugdiens sal sy Windhoek-Johannesburg roete, sedert die begin van Covid, herstel met die eerste vlug wat op 15 Desember sal plaasvind. Die uitvoerende hoof van die Gasvryheidsvereniging van Namibië, Gitta Paetzold sê dit word verwelkom omdat besoekers na Namibië wil kom maar, daar is nie genoeg vlugte nie.

Read More

Taliban regeer oor derde grootste opiumlande, ter wêreld

Sedert die oorname van Afghanistan deur die Taliban in Augustus 2021 het opiumverbouing met 32 persent toegeneem teenoor die vorige jaar, tot 233 000 hektaar – wat die 2022-oes die derde grootste gebied onder opiumverbouing maak sedert monitering deur die VN begin het. Die inkomste wat boere uit opiumverkope verdien verdriedubbel van 425 miljoen Amerikaanse dollar in 2021 tot 1,4 miljard dollar in 2022 wat gelykstaande is […]

Read More

Beurtkrag: Fase een tot Vrydag, dan twee en so aan

Eskom sê fase een-beurtkrag sal tot Vrydag in die buurland van vyfuur soggens tot vier in die middag van toepassing wees, met fase twee van vieruur in die middag tot vyfuur die volgende oggend. Die kragvoorsiener se woordvoerder, Sikonathi Mantshantsha, sê die toename in beurtkrag is hoofsaaklik te wyte aan die behoefte om noodopwekkingsreserwes te […]

Read More

Amupolo-regsgeding word vandag bemiddel

Die siviele regsgeding wat die menseregte-prokureur Norman Tjombe namens die ontslape nege-jarige Hendrina Amupolo aanhangig gemaak het, sal voorkom vir bemiddeling. Hoërhofregter Collins Parker het die datum bepaal. Tjombe werk op ‘n pro-bono basis en dagvaar Johan Meyer, wat klagte van strafbare manslag in die dood van Hendrina in die gesig staar, vir ‘n bedrag […]

Read More

NamRA kondig nuwe reël aan vir versending van goedere

Die wêreld doeane-organisasie het die gebruik van ‘n unieke besendingverwysing nommer aanbeveel vir rolspelers in internasionale handel, insluitend doeane-administrasie, om die beweging van goedere na te spoor. NamRA stel dus die publiek in kennis dat die reëling vanaf 5 Desember 2022 in werking sal tree. Tonateni Shidhudhu, bestuurder vir strategiese kommunikasie by NamRA het met […]

Read More

ANC in Gauteng sê opsystaanreël moet hersien word

Die ANC in Gauteng vra dat die opsystaan-reël hersien word. Dit volg nadat die reël verdeeldheid veroorsaak het in verskeie provinsies voor die Desember-verkiesingskonferensie. Gauteng, Limpopo en KwaZulu-Natal het kragte saamgesnoer om te vra dat die reël hersien moet word. Intussen het die Oos-Kaap, Noord-Kaap en Wes-Kaap gevra dat die reël verdedig word. Die ANC […]

Read More

Bibi dalk terug, as Israeliese peilings reg is

Dit wil voorkom asof die voormalige Israeliese premier Benjamin Netanyahu weer aan bewind sal wees as die jongste peilings ná Dinsdag se verkiesing reg is. Die peilings toon dat hy moontlik op pad is na ‘n klein meerderheid in die Knesset. Israel se langsdienende premier, wat teregstaan op aanklagte van korrupsie wat hy ontken, sal […]

Read More

Dis nie sommer net van tolhek oprig nie, daar’s regulasies

Die sekretaris-generaal van die Namibiese Openbare Passasier Vervoer-vereniging, Nathan Africa, het gereageer op die aankondiging deur die uitvoerende hoof van die Padfondsaministrasie Ali Ipinge oor tolhekke, wat hy meen, op pad is. Ipinge sê tot 750 miljoen Namibiese dollar kan per jaar so ingewin word. Africa sê die saak is nie so eenvoudig soos om […]

Read More

Dit brand weer tussen Rehoboth, Dordabis

Die veldbrand op die plaas Eselmaanhaar suidwes van Dordabis. Volgens wat berig word het weerlig die brand veroorsaak. Dit brand blykbaar in berge maar dit versprei redelik vinnig. Daar is volgens die jongste berigte net een voertuig op die toneel en hulp word dringend aangevra. Ander brande is ook oos van Rehoboth aangemeld op die […]

Read More