Nieu-Seeland keer streng tabakwette goed

Sommige Nieu-Seelanders sal binnekort nie meer tabakprodukte mag koop nie as deel van streng wetgewing wat in die parlement goedgekeur is. Die nuwe wette verbied die verkoop van tabakprodukte aan mense wat op of ná 1 Januarie 2009 gebore is. Skuldiges kan ‘n boete van meer 95 000 Nieu-Seelandse dollar opgelê word. Die verbod geld lewenslank. Die hoeveelheid nikotien wat in tabakprodukte mag wees, gaan ook verminder word en kleinhandelaars wat tabak mag verkoop, sal met 90 persent minder gemaak word.