Jimmy Anderson, 41, sien nog kans vir baie

Krieket: Die veteraan Engelse bouler Jimmy Anderson sê hy is fikser as ooit, en sien uit na die toetsreeks van drie wedstryde teen die Windies in Julie. Maar, die 41-jarige besef hy sal steeds ‘n plek in die groep moet verdien. Anderson het sedert sy debuut in 2002, 1 353 lopies aangeteken en 400 paaltjies ingeoes in 187 toetse. Hy sê hoewel hulle die onlangse reeks teen Indië 4-1 verloor het, is die span op ‘n goeie plek onder kaptein Ben Stokes en afrigter Brendon McCullum.