Wateronderbrekings en die ekonomie

Business Leadership South Africa doen ʼn beroep op die regering om te beplan hoe om nuwe bedreigings vir die ekonomie, insluitend watervoorsiening, te hanteer. Inwoners in dele van Gauteng en KwaZulu-Natal ervaar toenemend gereelde en langdurige wateronderbrekings. Die Bloudruppelverslag wat in Desember vrygestel is, toon 227 van die land se 985 watervoorsieningstelsels is in ʼn haglike toestand. Die organisasie se uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, sê die verbrokkelende infrastruktuur, beurtkrag en ʼn kultuur van niebetaling onder verbruikers is die oorsaak van die mislukking.