Europese Kommissie wil Gaza-burgerlikes beskerm

Die Europese Kommissie het sy EU Burgerlike Beskermingsmeganisme geaktiveer om sy ondersteuning aan die mense van Gaza te versterk. Die oorlog in Gaza het in Oktober verlede jaar begin toe gewapende Hamas-lede die suide van Israel aangeval en 1 200 mense doodgemaak en 253 gyselaar geneem het. Meer as 31 000 mense is intussen in Israelse wraakaanvalle dood. Die Europese Unie se president, Ursula von der Leyen, sê burgerlikes se beskerming moet altyd verseker word en in ooreenstemming met internasionale reg wees: