So lyk IPC se plan met geslagsgeweld

Gevalle van geslagsgeweld maak gereeld die nuus in Namibiese media, wat wys op ‘n landwye probleem. Met verkiesings wat nader kom, het Kosmos 94.1 Nuus uitgereik na Imms Nashinge, woordvoerder van die Independents Patriot for Change, oor wat hul oplossing vir die probleem sal wees indien hulle aan bewind sou kom.