Misdade by kerke noop assesserings-dokument

AfriForum se afdeling vir Gemeenskapsveiligheid het ’n assesserings-dokument vrygestel wat kerke as riglyn kan gebruik om hul veiligheidsmaatreëls te verbeter. Dit kom te midde van ‘n toename in misdaad-voorvalle by kerke, veral in Gauteng, waar telefone en geld van gemeentelede geroof is, met sommige voorvalle wat selfs in aanranding, ontvoering en moord geëindig het. Jacques Broodryk van AfriForum sê die dokument bied ook riglyne sodat kerke voorbereid kan wees op inbrake, gewapende rooftogte, voertuigdiefstal en brandstigting.