Spele: Etiese kuberkrakers aangestel vir strestoetse

Die organiseerders van vanjaar se Spele in Parys verwag ‘n ongekende kubersekerheidsuitdaging. Hulle werk nou saam met die land se inligtingsekerheidsagentskap en kubersekerheidsmaatskappye om die uitwerking te beperk. Die direkteur-generaal van die agentskap, Vincent Strubel, sê hulle besef hulle kan nie al die aanvalle keer nie, maar vertrou hulle is gereed vir die aanslag. Na wat berig word, is sogenaamde etiese kuberkrakers in diens geneem vir strestoetse op hulle stelsels om seker te maak hulle is veilig.