Ogongo-kampus se bospark-projek vorder goed

Unam se Ogongo-kampus se inheemse bospark-projek, wat in 2021 deur die Walliese regering teen ‘n koste van 5,2 miljoen Namibiese dollar befonds is, vorder goed. Die projek sluit ‘n boomplantprogram in, met ‘n fokus op die gebruike van inheemse vrugtebome binne die ekosisteem. Die loodsprojek is daarop gemik om ongeveer 500 inheemse bome in ‘n 120 hektaar park te plant. Die projek vorm deel van die nege jaar-lange Phoenix-projek van Cardiff Universiteit en Unam. Unam se vise-kanselier, Kenneth Matengu, het die kampus besoek.