Kremlin dank Swart See-vloot se bevelvoerder af

Die Kremlin het sy top vlootbevelvoerder afgedank ná ‘n reeks skouspelagtige aanvalle deur Oekraïne op Rusland se Swart See-vloot, berig Russiese media. Wladimir Putin het admiraal Nikolai Yevmenov, wat sedert 2019 in bevel van die vloot is, afgedank en hom vervang met die bevelvoerder van sy noordelike vloot, admiraal Alexander Moiseyev, berig die koerant Izvestia, wat deur een van Putin se naaste vertrouelinge besit word. Die oënskynlike herskommeling aan die bopunt van die Russiese militêre leierskap beklemtoon die uitval in Moskou oor die Oekraïne se voortgesette vermoë om groot Russiese oorlogskepe in die Swart See te sink. Oekraïne glo ‘n derde van Rusland se eens magtige Swartsee-vloot, wat voor die oorlog 80 skepe getel het, is in die twee jaar van konflik vernietig.