Sam !Khubis vandag en môre herdenk

Die Baster-gemeenskap herdenk vandag en môre die 109ste herdenking van die slagting van Sam !Khubis. Duitse magte het op 8 Mei 1915 die Basters aangeval en hulle het na Sam !Khubis gevlug en daar tot op die einde baklei. Die adjunk-president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal vanoggend rondom half-tien die hoofrede lewer. Vanmiddag om vyf-uur begin die byeenkoms by die monument met die Fees Vlam wat aangesteek sal word. Die herdenking gaan môre voort op die terrein met ‘n kranslegging en die aflê van die gelofte.