Rafah: 600 000 kinders in gedrang

Die Verenigde Nasies se Unicef sê ‘n militêre inval in Rafah sal katastrofiese gevolge inhou vir die 600 000 kinders wat tans in die gebied skuil. Palestyne verlaat dele van die ooste van Rafah in Gaza nadat Israel mense aangemoedig het om na ‘n groter humanitêre sone te skuif. Unicef se uitvoerende direkteur, Catherine Russell, sê die Interagentskap Staande Komitee oor Israel moet sy wetlike verpligting nakom, kragtens internasionale humanitêre en menseregtewetgewing.